top of page

Meer oor Maryna...

boy2_edited.png
left brain1.png
boy2_edited.png

 

Ps. 139:14

"Ek wil U prys omdat U my so volmaak geskep het."  

​

Wat 'n voorreg om 'n passie en salwing te hê om met God se kinders te mag werk!  Hierdie volmaakte skeppings wat ons, ons kinders noem.  My hart is om lewe te spreek en hoop te bring in elke kinderhartjie wat my pad kruis, maar op my pad het ek ook besef dat ek net so 'n hart het vir elke ouer wat agter hierdie kind staan!

​

Nadat ek  4 jaar skool gegee het, het ek baba- en mamma stimuleringsklasse  vir 10 jaar aangebied.  In 2016 met die koms van ons laatste lid van ons gesin, het ek besluit om my besigheid te verkoop en eers al my aandag op my gesin te fokus.  In die 3 jaar wat ek tuis was, het Briljante Breintjies stukkie vir stukkie begin vorm kry.  My passie vir babas, kinders, ouers, om te onderrig en op te rig het uiteindelik in een besigheid tot stand gekom!

​

Die eerste 2 jaar van jou kind se lewe is 'n goue venster periode! Dit is in daardie tyd wat jy al die leêrs in jou kind se brein oopmaak deur middel van baie blootstelling en stimulasie.  Daarna liaseer jou kind net informasie.  Dit is uit hierdie besef  dat Briljante Breintjies se baba program tot stand gekom het.   My program spreek die totale ontwikkeling van 'n baba aan.

​

My tweede deel van my program spruit uit baie jare se ondervinding met kinders en is dit my gevolgtrekking dat baie kinders onnodig ekstra hulp en terapie benodig rakende lees en skryfvaardighede.  In baie gevalle is daardie kinders alreeds in Graad 2-3, wat dan lei tot geweldige  emosionele probleme rakende lees en skryf.  Uit die aard gee dit ook aanleiding tot die ontwikkeling van 'n swak selfbeeld.  

 

Hierdie probleme kan in die voorskoolse jare geadresseer word, deur middel van die korrekte fokus op perseptuele vaardighede en individuele aandag. 

 

Om suksesvol te leer lees en skryf, hang direk af van die kind se Ouditiewe- en Visuele Persepsuele vermoëns!  In die voorskoolse jare word dit aangeraak in hul klassies, maar vir sommige kinders is dit heeltemal te min om te verseker dat hulle reg is vir Graad 1 se lees en skryf.  Onderwysers word oorlaai met al die skoolgereedheid vereistes.  My program is dus ‘n verlengstuk van die onderwyser! 

 

My passie is om remediëring in die verband te voorkom sover moontlik! Ek het my eie program geskryf waar ek al die Ouditiewe- en Visuele persepsies aanspreek.  Ek “Zoom”  in op elke persepsie en hou my groepies baie klein. My groepies is tipies tussen 5-8 kinders. (maksimum 10) Hierdie groepies is juis so klein sodat ek op elke kind individueel kan fokus.  Ek is instaat om kinders te indentifiseer wat meer hulp nodig het as wat ek kan bied.  Ek sal sulke gevalle onmiddelik na ‘n aangewese spesialis verwys.

 

Ek probeer ook sover moontlik konkreet al hierdie persepsie aanspreek, voordat ek een-dimensioneel begin werk. 

 

Ek voel baie sterk daaroor dat ‘n kind van hierdie ouderdom deur sy/haar lyfie leer!  

 

Ons speel hierdie persepsies reg!!  Persepsie kan ook nie oorgestimuleer word nie!!  Hoe beter hierdie persepsies ontwikkel en gestimuleer is, hoe makliker en meer natuurlik word lees en skryf aangeleer!  Hieruit vloei ‘n positiewe uitkyk op lees en skryf en natuurlik skool.  My fokus is ook om te verseker dat die leerder 'n positiewe selfbeeld kweek.

 

​

left brain1.png
Brilliant%20Breintjies%20layers_0005_gir
bottom of page